nv-l
[Top] [All Lists]

Re: Polling (Netview 6)

To: nv-l@lists.tivoli.com
Subject: Re: Polling (Netview 6)
From: W.M.de.Bruin@DNB.NL
Date: Thu, 4 May 2000 14:57:18 +0200

Ou Swaer,

Jy leef nog! Ek het al bekommerd begin raak oor jou...

Klink my die messe-ding is nou besig om mooi op dreef te kom daar by jou. Ek is
so bly om te hoor dat jy darem nou al aan die arm swaer se mes begin het.

Hier gaan dit nog goed. Ja, die somer kom so stukkies nader, en dis nogal lekker
om nie meer ge"pad" soos ´n skaap deur die lewe hoef te gaan nie. Ek het nuwe
simpatie ontwikkel vir die arme goed. Geen wonder hulle word so uitgebuit nie!

Met Margaret en die kids nog baie goed. Hulle het vakansie, en begin weer
volgende week met skool. Ongelooflik hoe vinnig die tyd verbygaan. dit voel soos
eegister dat die vakansie begin het.

Hoe gaan dit by die werk? Is jy nog so besig, of neem die druk al so bietjie af.
Hierdie ouens kan my ook nie fire nie. Slawe word verkoop!

Ek gaan eers groet, want dis byna uitkloktyd. Stuur baie groete aan al die
bekendes.

Arm Swaer sonder ´n mes.


`Externe E-Mail wordt door DNB niet gebruikt voor het aangaan van
verplichtingen`

`Any e-mail messages from The Nederlandsche Bank are given in good faith
but shall not be binding
nor shall they be construed as constituting any obligation on the part of
the Bank.`


<Prev in Thread] Current Thread [Next in Thread>

Archive operated by Skills 1st Ltd

See also: The NetView Web